Maklik Met Marinda – Herman Binge

Herman Binge kom ‘n lewenspad saam met my en Johann. Hy en Johann was kamermaats op Stellenbosch. Menige aande het hulle saam geserenade by koshuise. En toe ek vir Johann ontmoet, het hy deel van my lewe ook geword. Hy het selfs die heildronk ingestel op ons twee op ons troue in 1980. So word hy en Joanie Combrink onlosmakend deel van ons vriendekring.

Herman is n introvert en gewoond daaraan om aan die anderkant van die kameras te wees. Dit het oorreding gevat om hom in my kombuis te kry. Ek het opregte waardering dat hy saam met my gekook het.¬†Ons het ‘n paar van sy gunsteling geregte gemaak.

Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 vir hierdie spesiale episode.