Rooivleis

Anna se Beeslende

2 comments

Michéle Steyn Anna Se Lende

Bestandele

  • 2 kg heel stuk beeslende
  • Bovril na smaak
  • Engelse mostert na smaak
  • Olyfolie soos nodig
  • gegeurde meel soos nodig
  • grofgemaalde swartpeper na smaak

Metode

Plaas die lende op ‘n houtbord en verf die hele lende met Bovril. Verf dan met die mostert, en laastens met olyfolie. Sif meel oor die hele lende en plaas dit in ‘n oondpan.

Bak in ‘n voorverhitte oond teen 240ºC vir 20 minute. Verlaag dan die hitte na 190 ºC en bak vir nog 30 tot 40 minute – dit sal vir jou ‘n halfgaar resultaat gee. As jy gaarder vleis wil hê, bak vir nog 30 minute of gebruik ‘n vleistermometer. Bedruip die lende so drie keer gedurende die baktyd met die sappe in die pan.

Verwyder die lende uit die oond en plaas op ‘n houtbord. Laat dit rus vir ten minste 30 minute voor opdiening.

Lewer 8 porsies met slaaie of geroosterde groente, peperwortelsous en ‘n smaaklike sousie gemaak van die pansappe.

Maklik!

Anna Se Beeslende

2 Comments

  1. Hi Marinda, wil net seker maak, as ek die rumpstuk in die oond gaarmaak, sit ek n deksel op of bak ek oop. Dankie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*