Bestanddele
- sagte botter
- 500 ml room
- 350 ml bruinsuiker
- 1 kg winkeldeeg
- 375 ml tuisgemaakte karamelsous
Metode
Smeer ‘n groot platboom-ysterpot wat ‘n deksel het, lekker dik met botter.
Giet die helfte van die room in die pot en sprinkel die helfte van die suiker bo-oor.
Maak bolle met die winkeldeeg en pak hulle in die pot in een laag.
Laat staan die pot, toegemaak met ‘n skoon lap, op ‘n warm plek totdat die deeg verdubbel het.
Giet die res van die room oor die bolle en strooi en die res van die suiker bo-oor.
Bak teen 180°C vir 40 minute met deksel op en dan ‘n verdere 10 minute sonder deksel tot deurgaar en goudbruin.
Bedien 6 – 8 porsies met die karamelsous.
Maklik!