Seekos-sop

Bestanddele

  • 1 x 405 g blikkie gekonsentreerde tamatieroomsop
  • 1 x 400 g blikkie ertjiesop
  • 1 x 385 g blikkie lite ingedampte melk
  • 250 ml voorbereide vis- of hoenderaftreksel
  • 1 x 68 g pakkie Gourmet Seafood a’la Crème soppoeier
  • 1.2 kg gemengde vis: gelyke dele ontvelde bevrore skelvis blokkies, gevriesde calamari-ringe en geblansjeerde mossels in halwe skulpe
  • 125 – 200 ml room
  • 65 ml gekapte knoffel- of plein grasuie (chives)

Metode

Sit die tamatieroomsop, ertjiesop, ingedampte melk en aftreksel in a groot kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy die mengsel af en toe roer.

Meng die soppoeier met ‘n bietjie kouewater tot glad en voeg dit by die sop.

Klits met ‘n draadklitser totdat dit dikgekook is.

Voeg die skelvis by, sit ‘n deksel op en kook op medium vir 2 minute.

Roer die calamari en mossels by, maak weer toe en kook vir nog 2 minute

Wees versigtig: die sop brand baie maklik aan, so hou die hitte matig, roer gereeld stadig deur en kook eerder te min as te veel.

Verwyder nou die sop van die hitte en laat dit toe staan vir ten minste nog 2 minute om die gaarmaakproses van die vis te voltooi. Roer dan genoeg room na smaak by en bedien.

Lewer 8 porsies met lekker groot, bros kaas-croûtons.

Om te tjoen: Jy kan na smaak fyngekapte knoffel en groen brandrissies byvoeg en natuurlik, afhangende of jy brandrissies gebruik of nie, die sop verder na smaak geur met fyngekapte basieliekruid of koljanderblare.

Maklik!