Albert Maritz is in my oë die beste manlike akteur in Suid-Afrika. Ons twee ken mekaar al lank, maar oor ons werk kom ons nie lekker by mekaar uit nie. Om hom in my kombuis te kon gehad het, het my hart bly gemaak.
Bokmelkkaasrolletjie
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
60 ml sprietuie, fyngekap
60 ml pietersielie, fyngekap
15 ml basiliekruidblare, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
knippie sout
knippie growwe swartpeper
15 ml suurlemoenskil, fyngerasper
1 rolletjie ongegeurde bokmelkkaas
125 ml pekanneute, fyngekap
olyfolie
Metode
- Gooi die sprietuie, al die kruie, die knoffel en die sout en peper in ’n bak en meng dit. Haal 60 ml uit waarin die kaas later gerol kan word.
- Voeg die suurlemoenskil by die kruiemengsel.
- Meng die sagte bokmelkkaas by die kruiemengsel in die bak.
- Maak ’n wors met die kaasmengsel op ’n bakplaat met kleefplastiek uitgevoer, en draai dit styf toe in die kleefplastiek. Sit dit in die yskas vir 30 minute.
- Gooi die res van die kruiemengsel en pekanneute op ’n stuk bakpapier en rol die kaaswors in die neute totdat dit reg rondom bedek is.
- Sprinkel olyfolie oor voordat dit geëet word.