Nagereg

Boksie Crème Caramel

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 125 ml witsuiker
  • 20 ml water
  • 1 x 415 g boksie gekoopte vla
  • ekstra suiker (opsioneel)
  • 10 g gelatien
  • 5 ml vanillageursel

Metode

Sit die suiker in ‘n pannetjie saam met die water.

Roer en los dan om stadig te verhit tot ‘n diep goudkleurige karamelstroop.

Spuit 4 – 6 klein bakkies met kleefwerende sproei en sit die bakkies op ‘n bakplaat of skinkbord.

Giet die karamelstroop versigtig in die bakkies – maak seker dat jy die stroop redelik eweredig tussen die bakkies verdeel.

Los die gelatien op in die mikrogolf en meng deeglik met die vla.

Indien die vla nie na jou smaak soet genoeg is nie, voeg dan ekstra suiker na smaak by.

Roer die vanillageursel by die vla en giet die mengsel versigtig oor die karamelstroop in die bakkies.

Plaas die bakplaat of skinkbord in die yskas vir ‘n paar uur totdat die poedings gestol het.

Keer dan versigtig uit op opdienbordjies, garneer soos jy lus het en bedien.

Lewer 4 – 6 porsies.

Maklik!

Comments are closed.