Bestanddele
- 500 ml 1⁄2 cm-blokkies komkommer
- 750 ml 1⁄2 cm-blokkies tamaties (gebruik sommer allerhande kleure saam)
- 2 groen soetrissies, ook in 1⁄2 cm-blokkies gesny
- 2 rooi soetrissies, ook in 1⁄2 cm-blokkies gesny
- 1 groot wit uit, ook in 1⁄2 cm-blokkies blokkies gesny
- 6 sprietuie, in dun ringetjies gesny met groen stingels en al
- 250 ml gekapte platblaar-pietersielie
- 250 ml gekapte kruisementblare
- 200 ml olyfolie
- fyngerasperde skil van ‘n suurlemoen
- 90 ml vars suurlemoensap
- 65 ml heuning
- 2 – 4 fyngedrukte huisies knoffel
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- so paar geroosterde platbrode (pitabrode)
Metode
Sit al die groente en kruie in ‘n groot mengbak.
In ‘n bottlel met ‘n skroefdeksel, skud tesame die olyfolie, suurlemoenskil en -sap, heuning, knoffel
en sout en swartpeper na maak.
Giet oor die groente en meng deeglik.
Skeur die platbrode in klein stukkies en meng deur die groente.
Maak die bak toe en laat staan die Fattoush vir ‘n uur of wat teen kamertemperatuur voor opdiening om die geure te laat trek.
Genoeg vir 8
Bedien saam met geroosterde hoender, vleis of vis.
Maklik!