Bestanddele
Vleislaag
- 1 groot, fyngekapte ui
- 2 groot, fyngerasperde knoffelhuisies
- 30 ml botter
- 30 ml sonneblomolie
- 1 kg vark maalvleis
- 45 ml matige kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 7.5 ml sout
- 5 ml wit peper
- 5 ml fyn komyn
- 2.5 ml neut
- 2.5 ml fyn naeltjies
- 1 ml wonderpeper (allspice)
- 2 groot appels, geskil en in klein blokkies gesny (ongeveer 375 ml)
- 180 ml pitlose sultanas
- 125 ml water
- 250 ml melk
- 2 jumbo eiers
- 65 ml blatjang
- 45 ml mielieblom
- 30 ml wit asyn
- 2 dik snye brood, korsies verwyder en in blokkies gesny
Vla-bolaag
- 375 ml melk
- 3 jumbo eiers
- 2.5 ml sout
- 5 ml borrie
- 65 ml blatjang
- 65 ml fyngekapte koljanderblare
- fyngerasperde skil van een suurlemoen
- 6 suurlemoen- of lourierblare
Metode
Vir die vleislaag, braai die ui en knoffel liggies in die botter en olie.
Voeg die vleis by en braai tot liggaar.
Voeg die kerriepoeier, borrie, sout, wit peper, komyn, neut, naeltjies en wonderpeper by en braai tot geurig.
Voeg die appels, sultanas en water by.
Verlaag die hitte en laat die mengsel prut vir 15 minute of totdat die vloeistof ingedamp het.
Roer af en toe.
Klits tesame die melk, eiers, blatjang, mielieblom en asyn en giet oor die brood.
Laat dit week vir ‘n paar minute en meng dan deeglik met die vleis.
Skep die mengsel in ‘n oondbak en bak teen 190°C vir 20 minute.
Berei intussen die vla-bolaag: Klits tesame al die bestanddele, behalwe die suurelemone-of lourierblare.
Verwyder die vleis uit die oond en giet die vlamengsel versigtig bo-oor.
Steek die blare in en bak verder in die oond teen 180°C vir 20 – 25 minute of totdat die bobotie pofferig en gaar is.
Verwyder van die oond en laat die bobotie vir 15 minute rus.
Bedien 8 ruim porsies met geelrys en tamatie- en komkommer sambals.
aklik!