Bestanddele
- 1,5 kg stowevleis lam of bees bv brisket, skaapskenkels, chuck ens.
- 2 uie in ringe gesny
- 1 geblikte tamatie
- 10 ml komyn (opsioneel)
- 5 naeltjies
- 250 ml witwyn
- 300 ml warm water
- 100 ml Worcestersous
- 60 ml asyn
- sout en peper na smaak
- 3 aartappels in blokkies gesny
- 1 kg groenbone
- bietjie neut (“nutmeg”)
Metode
Jy kan hier kortpad neem en jou vleis gou bietjie stoom in die stoompot vir so 25 na 30 minute.
Braai uie in olie tot glaserig.
Braai die komyn saam met die uie.
Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die Worcestersous en naeltjies by.
Laat dit kook vir om en by 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by. En as dit te dun is, verdik met ‘n bietjie mielieblom (Maizena).
Gooi nou die aartappels wat in kwarte gesny is by en kook vir nog 20 minute.
Laastens kom die gesnipperde boontjies, sout en peper by.
Kook nou totdat alles sag, maar nie pap is nie.
Oorspronklike resep – Deur: Marindakook
Maklik!