Bestanddele
- 80 ml botter
- 500 ml fyngekapte sampioene
- 1 ui fyngekap
- 5 ml gemengde kruie
- 6 snye brood
- 12 skywe ham
- 6 kaasvelletjies
- 6 eiers
- sout en peper
Metode
Braai die uie, sampioene en kruie in ‘n pan.
Rol die snye brood dun uit met ‘n roller en smeer weerskante met botter.
Voer ‘n muffinpannetjie uit met die brood.
Voer die brood uit met die ham.
Plaas die velletjie kaas op die ham.
Skep die sampioen en uiemengsel op die kaas.
Breek ‘n eier in elke holte.
Sout en peper die eier.
Bak by 180 grade Celsius totdat die wit van die eier gestol het.
Maklik!