Om botter te kan maak is so eenvoudig soos om n klitser in room te sit. Niks, en let wel niks, kom by tuisgebakte brood en botter nie. n Mens moet een keer in jou lewe jou eie botter maak. Dis iets vir jou bucket list.
500 ml goeie kwaliteit room – sorg dat die vetgehalte hoog is
NOU:
- laat die room buite die yskas staan sodat dit kamertemperatuur is – verkieslik
- nou begin jy stadig te klits, of met n handklitser of met jou elektriese klitser
- eers raak dit soos styfgeklopte room – hou net aan klits
- dan raak dit so krummeltjierig – hou net aan klits
- nou begin dit defnitief skei – hou net aan klits
- dan vorm dit goue botterkorreltjies en die karringmelk skei van die botter – hou nou op klits
- in n kommetjie gooi jy koue water. Ek het ys by kraanwater gegooi.
- haal jou botter uit jou karringmelk en was dit in die koue water – druk , druk so totdat al die melkerigheid uit is.
- die melk wat oorgebly in die bak waaruit jy die botter gehaal het , is karringmelk. Gebruik dit om brood mee te bak.
- sit jou botter in n houertjie in die yskas
Nou word daar van jou verwag om behaaglik terug te sit en die botter te nuttig op varsgebakte brood of op warm roosterbrood. Ek eet niks saam met die botter nie, die botter is ryk en lekker genoeg.
As jy gesoute botter soek, kan jy sout inwerk daar waar jy die botter klaar gewas het. Die hoeveelheid sout sal afhang van jou palet.
Nog n regmerkie langs n item op jou bucket list.
So bly dis op jou blog!Dankie Marinda -werklikwaar iets wat ons “foodies” eerder self moet maak.Nicolette
Sus en dis so maklik.
Groetnis.
Gr8 nou gemaak Perfek
Dit bly lekker om dit self te maak. Enjoy!
Marinda
Ek stem saam tuisgemaakte botter laat brood lewe kry en saam met tuisgemaakte brood is daar niks lekkerder nie.sielskos!!!!!!
Danie, jy lyk vir my na n man wat weet is as iets goeds en lekker is. Probeer gerus die botter maak. Marinda
Dankie vir die puik verduideliking aan hand van jou foto’s
Baie keer so maklik en ons dink dit vir onsself moeilik. Maak dit en geniet dit.
Tessa, ek kan self brood eet tot ek le. Hoop jou aand was heeeeeerlik.
Marinda
Tessa, jy laat my hart sing. Geniet die feestyd saam met mense wat vir jou lief is.
Marinda
Marinda, baie dankie vir die resep hoe om botter te maak. Sal dit graag wil probeer. Het jy al ‘n resepte boek uitgegee ?
Ja,daar is ‘n resepteboek, Maklik met Marinda.
Stel belang in jou resepteboek, waar kan ek dit kry
Laat weet as ek hom het.
Waarom proe en ruik my botter soos kaas
Ek het geen idee nie.