Drieboneslaai is n redding in my yskas. Dit hou lank en maak vol. Dit is so n dankbare kleurvolle slaai. Daar is niks wat gekook moet word nie. Net bymekaar roer en geniet.
- drie blikkies bone van jou keuse
- 1 rissie ( opsioneel)
- 1 groenpeper
- 3 toontjies knoffel
- 2 uie
- 5ml komyn ( 1 teelepel)
- 5 ml koriander (1 teelepel)
- 7,5 ml sout ( 1 1/2 teelepel)
- 5 ml fyn peper (1 teelepel)
- 200ml bruinasyn
- 200 ml olie
- 80 ml bruinsuiker
As jy nie komyn of koriander het nie, kan jy dit uitlos. So ook die rissie as jy nie van iets branderig hou nie. Proe aan die sous hoe soet jy dit wil he. Soeter, gooi net nog bietjie suiker in.
NOU:
- dreineer die bone en gooi in jou slaaibak
- kap die rissie, knoffel, goenpeper en uie fyn en meng dit met jou bone
- gooi nou al die res van die bestandele in n bak en roer dit todat die suiker opgelos het
- roer jou sous by jou bonemengsel
- laat jou boneslaai toe om vir ten minste n halwe dag in die yskas te staan om te “ontwikkel”.
Hoe langer die boneslaai staan, hoe lekkerder. Ek het kekerertjies by my bone gegooi. As jy bone in tamatiesous gebruik, moenie die tamatiesous weggooi nie, meng dit by jou asynmengsel. Geniet en laat waai.
Altyd n keratiewe kinkel in jou kos, lyk heerlik
So n gereg van gister. Bietjie retro. Tog lekker.
Lyk fantasties lekker . Die fotos laat dit watertand lekker lyk eet dit sommer uit my tablet.
Dis so gesond en maklik.