Pampoentert is iets tussen groente en poeding. Eet dit as bygereg en voor jy opstaan van die tafel vat n skeppie vir poeding.
Pampoentert – jy kry krulhare en rooi wange
Course: Bykosse, Groente30
minutes40
minutesBestanddele
750 ml gaar pampoen ( 3 koppies)
1 blikkie idealmelk of 150 ml melk en 150 ml room
3 eiers
15 ml bakpoeier (3 teelepels)
250 ml koekmeel (1 koppie)
250 ml suiker (1 koppie)
knippie sout
kaneelsuiker
Metode
- Kook jou pampoen met n kaneelstokkie tot sag.
- Dreineer dit en druk dit fyn.
- Gooi die eiers, idealmelk, meel, suiker, bakpoeier en sout in n mengbak en klits goed.
- Gooi die pampoen by die mengsel en roer goed deur.
- Spuit of smeer n oonbak en gooi die slap pampoenmengsel in die oondbak.
- Bak vir 60 minute by 180 grade celsius.
- Strooi kaneelsuiker oor (125 ml witsuiker en 10 ml fyn kaneel gemeng).
Notas
- Nou moet jou binneste maar self besluit of dit groente of poeding is.
Stephanie, ek probeer so een of twee keer n week iets op die blog sit. Gewoonlik is dit maar die kos wat ons die aand in die huis eet. As jy n spesifieke resep soek moet jy my vra. Groetnis Marinda
Die heerlikste tert!
Gaan nou saam na Nederland. My familie het hier gekuier en kon nie genoeg van die tert eet nie!
Baie dankie! Marinda!
Naggie, dit smaak so lekker soos poeding. Hoop dit kry aftrek in Nederland. Laat my gerus weet.
Groete
Marinda
Die broccoli se melk is dit n koppie of liter asb
By die pampoentert?
Dit moet ek maak. Kan ek die meel vervang met glutenvrye meel.?
Ek het dit nog nie gedoen nie. laat weet as jy dit probeer het.
As mens die tert vries is dit nie waterig as hy ontvries nie
Rika . as hy water trek, hou die bak skuins en gooi dit af. Myne nog nie water getrek nie.
Wonderlik!! Baie bly oor dié resep 👍Baie dankie 💐
Bly my kinders se gunsteling
Kan jul indikasie gee hoeveel rou pampoen mens aanvanklik gebruik om 750ml gaar pampken te kry?
Ek is self nie skerer nie. Ek kook gewoonlik sommer 1Kg.
Marinda ek geniet jou program wat op tv was vreeslik en is mal oor al jou resepte. Het jy n kookboek wat ek kan koop of bestel.
So bly. My kooktydskrif is beskikbaar by alle kettingwinkels of online. Boek se naam is: Maklik met Marinda
Dankie Divatjie vir nog n heerlike resep.
Liefde sus
Hi Marinda, wil gou seker maak kry resep ideal elk EN 125ml room?
Juli, ek het die resep lanklaas gemaak. As ek lees wat ek geskryf het klink dit of dit beide is. Gooi net eers die een by en kyk of die beslag reg is. Indien te styf gooi nog by. Dit moet lyk soos ‘n koekbeslag.
Lekker eet
Marinda.
Hi Marinda, kan mens enige pampoen gebruik?
Enige pampoen
Goeie more, ek moet bygereg maak vir 11 mense, sal hierdie resep groot genoeg wees?
Petro, dis genoeg vir so 8 mense
Kan nie wag om hierdie resep te probeer nie. Kan my dalk sê hoeveel mense sal ek min of meer kan voer met 1 beslag??
8 mense met gemak. Ek het dit gister gemaak.
Marinda kan ek klein tertjies maak? My ou vader van 98 oorlede! Hy was so lief vir pampoen! Wil dit bedien na gedenk diens!
Jy kan dit beslis in kleiner tertjies maak. Jammer om te hoor van jou pa.
Dankie Marinda vir jou pampoentert resep. Ons braai vanaand by vriende en tert is gemaak. Eks nuuskierig om hom te proe. Ek hoop hul draai nie met die braai nie!
Geniet!!!!
Ek hou baie van jou resepte. Soek meer konfyt resepte en chutney resepte as
Ek sal opsit.
Kan mens die panpoen met patat vervang?
Ek het nog nooit, maar kan nie sien hoekom nie.