Bykosse

Botternaan

2 comments

Naan

Recipe by Marinda Engelbrecht
Prep time

30

minutes
Cooking time

1

minute

Bestanddele

  • 10 ml gis

  • 5 ml suiker

  • 60 ml louwater

  • 250 ml x 4 koekmeel ( 4 koppies)

  • knippie sout

  • 185 ml griekse jogurt

  • 30 ml olie

  • 180 ml loumelk

Metode

  • Meng die gis, suiker en 60 ml louwater in ‘n beker. Los dit vir 10 min tot dit begin gis. (borrels maak)
  • In ‘n mengbak roer die meel en sout saam.
  • Maak ‘n holte in die meel en meng die gismengsel met ‘n houtlepel in.
  • Roer nou die jogurt, olie en melk in die meel. Roer tot alles mooi bymekaar kom.
  • Strooi meel op ‘n oppervlak en knie die deeg vir 5 minute tot alles mooi bymekaar kom. Sit die deeg in ‘n bak en maak dit toe met gladwrap. Los dit op ‘n warm plek tot dit verdubbel het.
  • Verdeel die deeg in 12 porsies. Rol klein balletjies en rol elke balletjie in ‘n sirkel.
  • In ‘n warm pan wat klein bietjie olie in het, braai die naan vir 1 tot 2 minute aan ‘n kant.
  • Soos die naan uit die pan kom, smeer dit met gesmelte botter.
  • As jy wil, kan jy fyngekapte knoffel saam met die botter smelt en knoffelbotter smeer oor die naan. Ek het danja by my botter geroer.

2 Comments

  1. Absolutely Love the Naan!!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*