Dit is nie ’n goedkoop kaaskoek nie, maar jy sny werlik klein snytjies omdat dit so ryk is. Maak dit ten minste 24 uur voor die tyd. Ek het myne 48 uur voor die tyd gemaak. Haal die roomkaas uit die yskas voor die tyd sodat dit lekker sag is.Ek gooi my karamel uit die blikkie en roer dit ook eers met ’n lepel dat dit sag is.
Salted karamel-kaaskoek
30
minutes40
minutesBestanddele
- Kors
1 pakkie Nuttikrust koekies fyngekap in die voedselverwerker (jy kan enige koekie van jou keuse gebruik)
75g gesoute Pretzels ook fyngekap in die voedselverwerker
140g botter gesmelt
- Kaaskoekvulsel
3 x 250g Philadelphia roomkaas
5 ml vanilla ekstrak
125 g versiersuiker
1 blikkie caramel treat
10 g gelatien (een sakkie) opgelos in 90 ml water (ek roer myne met warmwater en sit dit dan vinnig in die mikrogolf tot dit opgelos is. Letterlik ’n paar sekondes)
5 ml sout
300 ml dik room
Metode
- Kors
- Smeer ’n losboompan. Ek het onder in my losboompan bakpapier gesit wat ver uitsteek. Dit maak dit net makliker om die kaaskoek uit te haal.
- Meng al die bestanddele vir die kors en druk dit vas in die losboompan. Sit dit in die yskas terwyl jy die kaaskoek maak.
- Kaaskoekvulsel
- Gebruik ’n elektriese klitser en klits die roomkaas, vanilla en versiersuiker saam tot dit glad is.
- Klits die caramel treat by.
- Klits die room, gelatien en sout by. Klits vir ’n tydjie tot dit dikkerig raak.
- Gooi in jou losboompan en laat dit vir ten minste 24 uur in jou yskas stol.
- Versier
- Hier kan jy enige iets doen. Ek het ekstra caramel treat bo-op gespuit en toe karamel springmielies en nog pretzels op gepak.
Baie dankie, waardeer dit so baie
Net met liefde uit my hart.
Hierdie kaaskoek is gastronomies.
Hou van jou resepte.
Dankie
Estelle
Verstaan JY!!!!!!
Gaan beslis die een probeer
Maak dit ten minste twee dae voor die tyd en los dit in die koekpan. Heerlik.
Hi moet ek die room eers styf klits voor en meng met gelatien en sout?Dit is vir kaaskoek
Ek het dit nie styf geklits nie. Maar ek sal n volgende keer klits en kyk of dit ‘n verskil maak.
Fantastiese, lekkerste en maklike resepte.
Geniet elke happie
Jou resepte is so’n inspirering
Geniet elke happie. Dankie vir die mooi woorde.
Eks mal oor Marinda se resepte!
My hart sing. `Lekker kook.
Dankie Marinda. Hierdie kaaskoek lyk nou vir my net na die ding vir Kersfees 😂!
Dieplekker
Hi Marinda ek soek asb jou sjokolade mousse yskaskoek SE resep asb ek het my kopie verloor byvoorbaat dank Marion.
Tik in:
Sjokolademousse-kaaskoek
Dan kom die resep op
Dankie vir al jou goeie beproefde resepte.,
Kom met tonne liefde
Dankie vir lekker resepte
Net uit liefde uit my hart. Geniet dit.
Hi Marinda
Wil ook net se ek love jou resepte. En dis altyd n groot sukses. Ek gaan hierdie salted caramel kaaskoek beslis maak vir die Nuwejaar. Ooooo ons gaan alweer al etende in. Blessings
My hart sing. Geeniet dit.
Marinda ek soek my resep, het verhuis, nou net missing. Dit is n brood wat verskeie ekstras het soos bloukaas, biltong, salami, ens. Het dit so baie gemaak. Rol dit uit na gerys en rasper botter oor.
Het nogal wedstryd gewen met hierdie resep en nou vergeet ek so bietjie. Bdankie.
Dit klink heerlik. Ek ken dit glad nie. Asb deel as jy die resep kry.