Bestanddele
- 750 ml gaar botterskorsie, goed gedreineer
- 3 jumbo eiers
- 250 ml room
- 80 ml koekmeel
- 80 ml mielieblom
- 80 ml suiker
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- Demerara of gewone bruinsuiker
- fyn pypkaneel
Metode
Meng al die bestanddele behalwe die Demerara- of bruinsuiker en pypkaneel saam en maak dit fyn met ‘n elektriese stokmenger of in jou voedselverwerker.
Skep die mengsel in een groot, oondvaste tertbak wat met botter gesmeer is of giet in gesmeerde muffinpannetjies.
Bak in die oond teen 180°C vir 35 – 45 minute of tot gaar en gestol.
Meng na smaak, die Demerara- of bruinsuiker met die pypkaneel.
As jy ‘n muffinpan gebruik het, dop eers jou gebakkies uit op ‘n opdienbord.
Sprinkel die kaneelsuiker mildelik bo-oor die gebak terwyl dit nog lekker warm is en bedien.
Lewer 6 – 8 porsies
Maklik!