Groente

Spinasie-okkasiekoek

Comments are Disabled

Bestanddele

Kors

  • 240 g koekmeel
  • 230 g botter
  • 150 g gerasperde Cheddarkaas (beleë kaas is die geurigste)

Vulsel

  • 1 x 750 g pakkie gevriesde spinasie
  • 45 ml sonneblomolie
  • 250 g fyngesnipperde spek
  • 1 fyngekapte groot ui
  • 1 fyngedrukte groot knoffelhuisie
  • 300 g fyngesnyde sampioene sout en peper na smaak
  • gedroogte origanum na smaak
  • 100 g gerasperde cheddarkaas

Bolaag

  • 3 jumbo eiers
  • 150 g korrelrige maaskaas
  • 100 ml melk
  • 1 wiel fetakaas

Metode

Om die kors te maak, bewerk al die bestanddele in ‘n voedselverwerker totdat dit gemeng is en in groot stukke om die lem begin vasklou.

Druk die mengsel teen die die boom en kante van ‘n losboompan (of 4 – 6 kleiner losboompannetjies) vas. Laat staan in die yskas vir 15 minute.

Om die vulsel te maak, berei die spinasie soos aanbeveel op die verpakking; laat dit afkoel, dreineer en druk dit dan deeglik uit om dit goed droog te kry.

Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in die olie tot gaar.

Voeg die gaar spinasie en geurmiddels by en meng deeglik.

Skep die vulsel in die kors (of korse) en strooi gerasperde kaas oor.

Vir die bolaag, klits al die bestandele behalwe die fetakaas saam.

Giet die mengsel oor die vulsel.

Frummel dan die fetakaas oor en bak vir ongeveer 35 – 40 min in die oond teen 180°C of totdat dit gaar en gestol is. 

Genoeg vir 6

Bedien saam met gebraaide kersietamaties of ‘n lekker mengelslaai.

Maklik!

Comments are closed.