Kyk, ek kan sonder vleis braai solank ek n braaibroodjie het. Mense sit allerhande fensie goed op braaibroodjies. Ek hou van hom soos van sy ma af – net die nodige. Die geheim van die broodjie is dat jy hom stadig oor die kole moet braai sodat die kaas lekker smelt.
BENODIG:
- 6 snye brood
- botter vir smeer
- gerasperde cheddar kaas
- ui in dun ringetjies gesny
- tamatie in dun ringetjies gesny
- sout en peper
NOU:
- smeer jou brood met botter – ruim
- sit gerasperde kaas op
- sit tamatie op en geur met sout en peper
- sit dun uieringe op en maak toe
- braai stadig oor matige kole todat mooi bruin en die kaas gesmelt is
Braaibroodjies is die koning van enige braai.
As jy braaibroodjies kan maak of braai mag jy maar trou.