Om jou eie sosaties te maak is n groot heerlikheid. Dis glad nie moeilik nie en dit bly n wenner by die braai. Ek het rump steak opgesny, maar jy kan dit met skaapvleis, varkvleis of hoender ook maak. Probeer dit gerus.
BENODIG:
- sosatiestokkies
- 2,5 kg rumpsteak
- 3 uie
- 1 green pepper
- 2 steranys
- 3 kodomynsade
- 15 ml djeera
- 20 ml borriepoeier
- 60 ml kerrie
- 10 ml fyn gemmerpoeier
- 30 ml olie
- 60 ml suker
- 500 ml asyn
- 125 ml appelkooskonfyt
- 3 suurlemoenblare – as jy het
- sout en peper
- 250 ml water
NOU:
- week die sosatiestokkies in water vir omtrent 30 min
- braai twee uie wat jy in ringetjies gesny het in olie tot glaserig saam met die djeera
- sny die ander uie en greenpeper in stukke en hou eenkant – jy gaan dit saam met die vleis op die stokkie ryg
- meng die res van die bestandele vir 15 minute en laat dit afkoel – proe aan die sous. As dit te suur is voeg suiker by, te soet voeg asyn by.
- sny jou vleis in netjiese blokkies en gooi in die koue kerriesous. Laat dit oornag in die sous le.
- ryg nou vleis, uie, en green peper om die beurt op die stokkie
- pak in n plastiek/emaljehouer en gooi sous oor. Laat dit ten minste 1 tot 3 dae in die sous le.
- braai oor matige kole – pasop dat dit te gaar raak.
Goeie dag. Kan die Djeera met gemaalde Cumin vervang word en indien wel, met hoeveel? PS: Fantastiese website!
Ook 15 ml
Geniet