Ek was vanaand lus vir bruin-hoender, maar met n skop. So het ek cajun hoender gemaak met so bietjie van n twist. Dit het heerlik gesmaak en daar is nog oor vir more se toebroodjie.
BENODIG:
- 1 heel hoender
- 1 ui grof gesny
- 1 butternut in stukke gesny
- 2 aartappels in stukke gesny
- 2 suurlemoene in kwarte gesny
- 2 heel chillies ( opsioneel)
- 5 ml gemmer
- 5 ml knoffel
- takkie roosmaryn en n takkie tiemie ( opsioneel)
- 250 ml water
- 30 ml olyfolie
- 30 ml suurlemoensap
- 20 ml cajun spice
NOU:
- plaas jou uie, aartappels, butternut, chillies, suurlemoene, tiemie, roosmaryn en water in n oondbak
- meng die olyfolie, suurlemoensap, knoffel, gemmer en cajun spice en smeer die hoender goed in daarmee
- plaas die hoender op die groente en bedek met tinfoelie
- bak by 180 grade celsius vir 30 min toe en bak dan vir nog 30 min oop sodat dit mooi bruin raak
Eet saam met rys en as jy dapper genoeg is, eet een van die chillies!