As mens so skielik by die huis kom en jy wonder wat jy vir ete kan maak, maak jy die hoender. Dis vinger-aflek-lekker.
BENODIG:
- 6 hoenderporsies
- 1 ui in ringe gesny
- 250 ml mayonaise
- 250 ml chutney
- 250 ml melk
- 1 pakkie sampioen, romerige hoender of wituiesop
- sout en peper na smaak
NOU:
- sny die ui in ringetjies en plaas onder in n oondvastebak
- pak die hoenderr bo-op die uie
- strooi die soppoeier oor die hoender
- meng die res van die bestandele en gooi oor die hoender
- bak dit toe vir 45 minute by 180 grade celsius
- maak die bak oop en bak vir nog 20 minute tot dit mooi bruin is
Dis heerlik en kan saam met rys, groente of slaai geniet word.