Gebak, Nagereg

Crème Brûlée

Comments are Disabled


Bestanddele

  • 6 groot eiergele (gebruik die wit vir skuimies)
  • 100 g strooisuiker
  • saadjies van 1 vanieljepeul of 10 ml vanilla essence
  • 500 ml egte, vars room
  • 1 vanilla pod
  • 4 – 6 lepels wit- of ligte bruinsuiker

Metode

Klits die eiergele met die helfte van die strooisuiker tot lig en romerig.

Verhit die room tot kookpunt en verwyder van die hitte.

Roer die res van die strooisuiker by tot opgelos.

Gooi so paar groterige lepels roommengsel by die eiermengsel.

Roer vining en deeglik om te verhoed dat die eiers gaar raak.

Herhaal die proses nog ‘n keer. Gooi die res van die roommengsel by die eiermengsel en klits vinnig en deeglik.

Giet die mengsel deur ‘n sif in ‘n beker en vul 4 klein hittebestande opdienbakkies (ramekins) daarmee.

Rangskik die bakkies in ‘n diep oondpan (of selfs koek- of broodpan) en vul die pan met kokende water, genoeg om so 3⁄4 teen die kante van die bakkies op te kom.

Bak vir 30 – 35 minute teen 150°C of tot die vlamengsel amper ferm is. Verwyder die pan uit die oond en sit eenkant om af te koel.

Lig die poedings uit die water en laat hulle ‘n paar uur in die yskas staan om lekker koud te raak.

Net voor ete, sprinkel ‘n dun, egalige lagie wit- of ligte bruinsuiker oor elke poeding en karamaliseer die suikerlagies met ‘n blaasvlam of vir ‘n paar minute onder ‘n baie warm oondrooster (grill).

Laat staan die poedings nou sodat die suikerlagies bros kan raak.

Bedien 4 porsies met vars frambose.

Maklik!

Comments are closed.