Bestanddele
- 30 ml gelatien
- bietjie kouewater
- 250 ml room
- 3 x gedreineerde en gevlokte blikkies tuna
- 65 ml gerasperde ui
- 325 ml mayonnaise
- 125 ml tamatiesous
- 90 ml fyngekapte pietersielie
- 10 ml (of meer) tabasco (of jy kan uitlos)
Metode
Sit die gelatien in ‘n bakkie en bedek met kouewater. Roer en los dit eenkant om te spons.
Verhit die room en roer die gelatien by tot gesmelt.
Gooi in ‘n mengbak en meng deeglik met die res van die bestanddele.
Skep in klein bakkies of vormpies of een groot vorm wat met kossproei gespuit is.
Sit in die yskas om te stol vir ‘n paar ure.
Bedien 8 of meer as voorgereg saam met tamatiesalsa en kraakbeskuitjies.
Maklik!
Tjoen: Vir ‘n gladde tekstuur kan jy die mengsel in jou verwerker sit en fyn verwerk. En vir meer tekstuur, voeg so 6 fyngekapte agurkies by. Vir ‘n lekker surigheid, besprinkel met grofgekapte kappertjiesade (capers) voor opdiening.