Bestanddele
- 6 groterige uie, in wiggies gesny
- 45 ml olyfolie
- 30 ml gedroogte fennelsaadjies (optioneel, maar heerlik saam met vark)
- sout, peper en gedroogte rissievlokkies na smaak
- 125 ml tamatiesous
- 65 ml worcestersous
- 65 ml vrugteblatjang
- 45 ml bruin asyn
- 90 ml grofgekapte basiliekruid of pietersielie
- 750 g goeie kwaliteit varkworsies (pork bangers)
- ekstra olyfolie
Metode
Plaas die uie in a oondbak, bedruip met olie en sprinkel die fennelsaadjies oor, indien jy dit gebruik. Geur na smaak met sout, peper en rissievlokkies.
Meng deeglik en bak sonder ‘n deksel teen 190°C vir 25 minute of totdat die uie goudbruin is. Roer die uie so af en toe.
Meng tesame die tamatiesous, worcestersous, blatjang, asyn en basieliekruid of pietersielie, en roer by die uie in.
Bak vir nog tien minute of totdat die mengsel lekker taai begin word.
Rangskik nou die worsies bo-op die uie, verf met bietjie olie en bak vir 15 minute.
Draai dan die worsies om en bak vir nog tien minute of totdat die worsies bruin en gaar is.
Roer die worsies by die uie in, bak nog vir so paar minute en verwyder dan van die oond.
Bedien 4- 6 met botterige kapokaartappels en brosgebraaide salieblaartjies of vars roket.
Maklik!
Tjoen: Die uie met die sous-bestanddele maak ‘n baie lekker sousie wat saam met braaivleis of enige ander rooivleis bedien kan word. Al wat jy doen is braai die uie in ‘n pan