Hierdie klam, nat, soet koekies of stafies is maklik en heerlik. Ek wou aanvanklik n gesondheidstafie maak, maar het toe besluit om bietjie dekadent te wees en dit n verleidelike jassie van kondensmelk aan te trek. Dis sag en jou tande sak weg in dit. Dit vra vir meeeeeerrrrrrr………
BESTANDELE:
- 1 blikkie kondensmelk
- 500 ml ( 2 koppies) hawermout / oats
- 250 ml ( 1 koppie) klapper
- 200g neute of rosyne of watter sade en bessies jy ook al wil ingooi
NOU:
- plaas die kondensmelk in n mengbak en verhit vir 90 sekondes in jou mikrogolf
- roer die res van die bestandele by die kondensmelk
- voer n bak uit met foelie en spuit met kleefwerende Spray en Cook
- druk die mengsel lekker stewig vas in jou bak – gebruik jou hande
- bak dit in die oond vir 20 minute by 180 grade Celsius
- laat dit afkoel en sny met n skerp mes in blokkies
Kyk as dit nie jou soettand bevredig nie, sal niks dit kan doen nie. En dit gaan onder die vaandel van n gesondheidsstafie!
Hoe def*k is dit n gesonheids stafie???!!!!!!!
Dit is n pokken dekadente een wat die gewete sus met n neut of twee!
Sonja, dis nie regtig n “gesondheidstafie” nie. Eerder n soetblokkie wat die gewete sus met so n neut of twee! Heerlik en maklik om te maak. Geniet dit.
Marinda