So kry ek n klomp uitjies by ons plaaslike winkel en besluit om hul te piekel. Al ding met die uie is dat jy geduldig moet wees. Jy moet die werk doen en dan vergeet van hulle vir ten minste 3 na 4 weke. Dan mag jy die heerlikheid eet. Saam met n kaasbord of in slaai bly die tradisionele piekeluie heerlik.
BENODIG:
- 1 kg klein uie
- 200 g growwe sout
- genoeg water om die uie te bedek
- 3 naeltjies
- 8 peperkorrels
- 30 ml pickling spice
- 20 ml rissievlokkies – opsioneel
- 750 ml wit druiweasyn
- 200 ml bruinsuiker
- duim grote vars gemmer in repies gesny
NOU:
- skil die uie en sprinkel die growwesout oor en maak toe onder die water – dit moet nou oornag so staan
- gooi al die res van die bestandele in n kastrol en verhit vir 20 minute
- spoel die uie af en plaas in n gesteriliseerde fles
- gooi die warm asynmengsel oor die uie tot heel bo
- verseel en bere vir ten minste 3 weke
Ek steriliseer my flesse deur dit op die warmste siklus in my skottelgoedmasjien te was.
Jy kan saam met die uie in die fles vars chillies, suurlemoenskil of suurlemoenblare sit. Dit verleen mooi kleur en gee n lekker smaak.
Kan ons in daai koffie bottels inle want ‘n ruk terug het iemand gese ons kan nie in die bottels inle .
Ek get dit nog nooit gebruik nie. Baie bang dit seel nie goed genoeg nie.
Groete
Marinda
Daai bottels werk perfek!
Jip. En dis heerlik
Kan ek n Nescafe bottel met plastiek prop gebruik om perske in te le?
Ek gebruik dit nie.
Op foto is koffiebottels, dan sê iemand dit werk nie, dan sê julle julle gebruik dit nie, maar dis op foto. Nou sê iemand dit werk en julle sê ja, dan weer volgende keer nee. Is dit nou JA of NEE vir koffiebottels?
As ek iets lank wil hou, sit ek dit nie in ‘n koffiebottel nie. As ek weet ons gaan dit binne 2 weke opeet, sit ek dit in ‘n koffiebottel in die yskas.