Brood, Gebak

3 bestanddele piesangbrood – tog te lekker

13 comments

Ek weet nie wat dit deesdae met my is nie.  Ek wil vinnig en lekker kos maak.  Ek het klomp ryp piesangs in my huis en besluit toe om die broodjie aan te pak.  Sy smaak tog te lekker.  Wat die broodjie n lekker smaak gee, is die klapperroom in haar. Dis klam en jy proe die tropiese piesangs .Piesangbrood blog 045

 

BESTANDELE:

  • 6 ryp piesangs
  • 500 g bruismeel
  • 1 blikkie (400 ml) klapperroomPiesangbrood blog 001

NOU:

  1. maak die piesangs fyn in jou mengbakPiesangbrood blog 011
  2. roer die meel by
  3. roer die klapperroom byPiesangbrood blog 017
  4. smeer jou oondpannetjiePiesangbrood blog 022
  5. bak teen 180 grade Celsius vir 60 minute

Ek het klein bietjie (5ml) fyn kaneel by my broodjie ingeroer.  Dit gee dit net n dieper smaak.  En moet nie die knippie sout vergeet nie!Piesangbrood blog 040

Geniet dit met ontbyt , saam met tee of sommer net vir die lekker.  So n piesangbrood maak n heerlike brood -en –Piesangbrood blog 052botterpoeding.

Jy kan snytjies piesangbrood in eier doop en dit vir ontbyt braai as French Toast.

Sy is so veeldoelig.  Geniet dit sommer net met dik botter!Piesangbrood blog 048

13 Comments

  1. Sjoe maar dit kliñk maklik gaan probeer

  2. Ruby Steenkamp

    Marinda, myne het baie lekker gekom, maar moet daar nie bietjie suiker inkom nie?

  3. Hello Marinda, kan ‘n mens die self-raising flour vervang met coconut flour en dan net so teelepel baking powder insit?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*