Nagereg

Pere in rooiwyn – laat die aand se probleme verdwyn

4 comments

Pere in rooiwyn is n ligte nagereg.  Dis veral lekker na n redelike ryk en swaar ete.  Mens voel minder skuldig om nagereg te eet en voel jy kry selfs jou dosis vitamines in. So kook daai pere .pere vir blog 010

  • 8 pere
  • 1 bottel rooiwyn van jou keuse
  • 250 ml suiker of strooisuiker
  • 2 steranyse
  • 2 naeltjies
  • 2 stokkies pypkaneel.
  • skil van een suurlemoen – rasper op die heel fyn kant van jou rasper
  • 10 ml mazina
  • 60 ml water

NOU:

  1. sit die rooiwyn, suiker, pypkaneel, steranys, naeltjies en skil van een suurlemoen in n pot op die stoof.pere vir blog 006
  2. roer dit oor matige hitte totdat die suiker opgelos is.
  3. skil die pere maar hou die stingeltjies aan – dit lyk mooipere vir blog 014
  4. sit die pere in die wynmengsel en kook vir om en by 20 minute – voel, die pere moet nog bietjie hard wees.pere vir blog 019pere vir blog 026
  5. haal die pere uit die sous en sit in jou mooiste bak
  6. meng die mazina in n koppie met die water – dit vorm  n pasta
  7. meng nou die mazina met die warm sous op die plaat, laat dit vir 5 minute prut – dit verdik jou sous
  8. gooi die stroop oor jou pere en geniet dit met room, vla of roomys.pere vir blog 032

Jy kan die pere koud of warm eet.  Haal die steranys, kaneelstokkies en naeltjies uit voor jy dit bedien.  Jy kan die pere reeds die vorige dag maak.pere vir blog 034

4 Comments

  1. Lyk asemrowend lekker

  2. Dis heerlik – lyk of jy n bo-baas kok is EN so maklik en gou.
    Baie dankie.

    • Marinda Engelbrecht

      Liewe Linda ek hou daarvan om kortpaaie te vat. My resepte is maklik en vinnig. As ek lang resepte sien, verloor ek belangstelling.
      Mooi dag
      Marinda

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*