Bykosse

Druiwekonfyt

12 comments

As ek kan konfyt kook kan jy ook. Dit is so bevredigend. Kry lekker soet hanepootdruiwe vir jou konfyt. Jy hoef nie potte en potte vol te kook nie. Kook net genoeg vir jouself. Ek gee die resep op 1kg druiwe. Jy pas dit aan volgens jou hoeveelheid druiwe.

Benodig:

1kg druiwekorrels

750 g suiker

Sap van een suurlemoen

30 ml asyn

Metode

Korrel die druiwe af van die stronk en was mooi skoon.

Pak die druiwe en suiker in lae in jou pot en laat staan vir 2uur.

Begin dit stadig warm maak en roer totdat al die suiker opgelos het. Die druiwe moenie borrel en kook nie.

As al die suiker opgelos het, voeg die suurlemoensap en asyn by. Laat nou vinnig teen n hoer hitte kook.

Skep die skuim en pitte af. Die asyn help dat die pitte boontoe kom.

As jou konfyt 105 °C bereik het is jou konfyt reg.

Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl die konfyt warm is.

Geniet saam met vars, warm brood en snoek.

Ek steriliseer my bottels deur dit op die stoof in n pot warm water te kook. Wees versigtig, die stoom brand seer. Haal dit met n tangetjie uit die pot en laat dit droog word op n draadrakkie

12 Comments

  1. Baie dankie dat jy deel geniet jou programme baie xxxxx

  2. Nicholine Smit

    Ek lief jou kookprogramme. Wens jy kon my ma se ‘sticky” skaapboud en aartappels in n swartpotmaak. Ek kon dit in al my jare nie soos my ma gedoen het, regkry nie! Baie dankie vir al jou wenke!

  3. Corrie Williams

    Hi Marinda ek het druiwekonfyt gemaak dis heerlik maar bietjies dik hoe weet ek hoeveel water om by te sit as ek dit dunner wil maak Dit was my 1ste probeerslag help asb

  4. Hi Marinda as ek druiwe konfyt wil maak moet ek die druiwekorrels halveer of dit net so kook.

  5. Baie dankie vir jou resepte wat jy so vrylik uitdeel, ek waardeer altyd jou resepte

  6. Hoekom skei die druïwekorrels van die stroop in my druiwekonfyt as Ek dit in flesse botteleer. Help asb.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*