Gebak, Nagereg

Hot cross bun broodpoeding

Comments are Disabled

hot cross bun poeding

Met Paasfees om die draai is dit tyd om iets met die hot cross buns te maak.

Bestanddele

  • 6 hot cross buns
  • Appelkooskonfyt
  • Botter
  • 500 ml room
  • 1 blikkie Idealmelk
  • 250 ml melk
  • 125 ml strooisuiker
  • 5 eiers
  • 5 ml karamelgeursel (vanilla essence)
  • Flake sjokolades

hot cross buns

Metode

  1. Sny die hot cross buns deur en smeer ruim met botter en appelkooskonfyt.
  2. Pak dit soos dakteels oormekaar in n gesmeerde oondbak.
  3. Klits die res van die bestandele (behalwe die flakes) saam en giet oor die hot cross buns.
  4. Laat dit n halfuur staan om in te trek.
  5. Bak oop vir 40 min by 180 grade celsius.
  6. Strooi flakes oor en eet met roomys of vla.

hot cross bun poeding

Comments are closed.