Bestanddele
- 20 ml olie
- 2 uie, fyngekap
- 3 selderystingels, in skyfies gesny
- 4 knoffelhuisies, fyngemaak
- 4 rissies, fyngekap of volgens smaak
- 3 wortels, in dun skyfies gesny
- 750 g goeie beesmaalvleis
- 400 g blikkie tamatiepuree
- 250 ml rooiwyn
- 100g tamatiepasta
- Suiker na smaak
- 80 ml Worcestersous
- 80 ml Sjinese swartboontjie-rissiesous (LaoGanMa)
- Sout en peper
Metode
Verhit die olie in ’n diep pan, en braai die uie tot deurskynend. Voeg die seldery, knoffel, rissies en wortels by die uie en braai verder. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die res van die bestanddele by, verlaag die hitte en laat dit stadig kook tot dit ‘n pragtige dieprooi kleur het.
Bedien oor pasta.
Maklik!