Kyk ons vra nie vir koue weer om sop te eet nie. Ons eet dit heel jaar deur. Vir ons is sop nie ‘n voorgereg nie – dis kos by ons. Ek maak hom dik en kragtig met vleis in. Dan fees ons aan die soppie met ‘n lekker glasie nagmaalswyn.
Ertjiesop – heel jaar deur
Course: Sop, Voorgereg30
minutes40
minutesBestanddele
Metode
- Skil jou groente en sny in dobbelsteentjies.
- Sny jou uie in ringetjies en braai dit saam met jou vleis bruin in ‘n bietjie olie in ‘n lekker groot pot op die stoof.
- Sit nou die res van die bestandele in die pot en kook tot sag. Roer gereeld.
- As jy ‘n drukpot gebruik sal dit 60 minute neem. In ‘n gewone pot sal dit langer neem. Jy moet maar voel totdat dit sag is.
- Nou moet jy proe, proe, proe. Gooi nog sout, peper of worcestersous in na gelang van jou smaak.
- Haal die vleis uit en druk die groente fyn of gebruik ‘n versapper en versap die groente fyn.
- Sit die vleis terug in jou pot en geniet die ertjiesop.
As jy nie vleis het om in te sit nie, kan jy 2liter vleisaftreksel (stock wat jy koop) gebruik. Jy hoef ook nie die eisbein en die bacon in te sit nie dit gee dit egter net n lekker gerookte smaak. As jy regtig fensie wil wees kan jy as jy dit opdien so n strepie room op elke porsie sit of krummel fetakaas oor. Jy kan hierdie maklike broodjie bak en by jou sop bedien.
Geniet die heerlike ertjiesop en nooit ooit weer mag jy se jy kan nie ertjiesop maak nie.
LYK heerlik sal dit graag probeer ~ sal graag jou boek wil aankoop. Groete
Petro, dankie vir die vertroue in my vir n boek. Jy maak idees by my wakker. Mooi dag vir jou. Marinda
Waar kan ek die boek koop?
Middag
Die boek is beskikbaar by Exclusive Books, Bargain Books en aanlyn by Takealot of Loot
Groete
Marinda
Dankie Marinda vir al jou lekker resepte.
Junetta, dit is net liefde uit my hart.
Groete
Marinda
Sarah, dis mos maar hartskos. Dankie dat jy na my blog kyk en dit lees. Mooi dag. Marinda
Kon nog nooit lekker ertjiesop mask nie, maar hierdie resep is n treffer. Lip-lek-lekker.
Marina, jy maak my hart sing. Geniet die sop nou wat dit so koud is.
Groete
Marinda
Gaan dit beslis probeer. Soek al lankal n lekker ertjiesop resep.
Laat weet hoe dit gesmaak het.
Vandag is dit ek en hierdie heerlike Ertjiesop resep….
Dit is bibber koud hier in Klerksdorp…
Gaan voorsit met ‘n lekker Ciabata broodjie vars uit die oond
Geniet elke happie
Hello Marinda, thank you for the recipe busy trying it out. Is the worcestershire sauce the correct quantity? It’s almost the whole bottle if you using the small one? Kind regards, Nicky
Hi Nicky
We love the taste of worcestershire sauce. You can start with less and add to your liking.
Enjoy lots of love
Marinda
Hai marinda kan ek die ertjie Sop vries vir later. Nicolette
Dit vries baie goed.
Baie dankie vir hierdie maklike, smaaklike resep. Die sop is yummylicious.
Dis ‘n groot plesier! Baie bly julle geniet dit!
Hierdie is n liplekker ertjiesop. Sal dit weer en weer maak.
Ek het dit vandag gemaak. Die Kaap is so koud.
Liefde
Marinda
Hi Marinda, dankie vir al hierdie GREAT resepte! Ek love jou as mens en die manier hoe jy jou program aanbied. Jy is so ‘n fun mens en daai stoute humor wat so lekker uikom. Ek is glad nie ‘n kombuis hoender nie, maar jou resepte en idees het nou gemaak dat ek ook bietjie eksperimenteer. Dit is dan so maklik met Marinda. 😋
Esbe, jy maak my hart sing op hierdie Sondag. Jy kan ‘n kombuishoender word! Lekker kook en geniet elke happie.
Groete
Marinda
Dag sê Marinda
Ons volg jou oral.
Daai ertjiesop was klopdisselboom. Met shin en al nes my ouma dit gemaak het. Haar geelwortels was grof gesny . Wholesome.
Nes julle eet ons dwarsdeur die jaar sop. Ons kook ‘n groot pot, eet ons trommeldik en vries dan in kleiner bakkies. Vrieskas is nooit sonder bakkies sop nie.
Hou aan met kook.
Margaret en Elaine. Kaaostad
Julle maak my hart sing!!!! Kook is vir my terapie en maak my gelukkig – veral as mense lekker eet.
Bly warm dis baie koud hier in Yzerfontein
Groete
Marinda
This pea soup is absolutely the best I have ever tasted. Thanku so much. My Afrikaans is v.poor but being a passionate cook, I have no problem reading afrikaans recipes.!!! Pse give me name of yr book …….I hope to find it in CT.
You make my heart sing! I make food from the heart with ingredients that is in your house.
I have 2 books. One for adults and one for kids.
Marinda se Koskas
Marinda se Kinderkombuis
They are available at Exclusive Books, Bargain Books or online from Takealot or Loot
u het nou wel nie ‘n fensie blog nie maar…….die kos wat uit die resepte voortspruit is meer as fensie……dis njam njam!
My hart sing.
Love die resep, dit was baie lekker. maar my ertjies was nog hard. ek het gelees dis dalk ons water of dalk te vroeg sout in gegooi. Ek gaan dit more weer probeer. dankie vir die great resep.
As jy wil kan jy die ertjies die nag voor die tyd week in water.
Hi Marinda
Ek wil graag hierdie ertjiesop maak met n “fundraising” vir ons NPO kleuterskooltjie. Hierdie resep – vir hoeveel mense is dit?
Mooi loop
Zaan
Maklik 12 mense
Kan jy asseblief vir my raad gee wat ek vir ‘n diiabetiese middagete maak. Ek is moeg gedink en gesoek na diiabetiese resepte vir ‘n familie lid wat elke 4e week na haar dialise behandeling (3 keer per week) by my kom eet
Goeie middag, al my resepte wat ek het is op my blog.