Groente

Groente – gesondheid uit die grond uit.

2 comments

Dit is nie ‘n resep wat ek vandag deel met julle nie.  Dis sommer net ‘n vinnige bykos wat min moeite is.  Die grootste werk is om die groente te skil.  Dit lyk altyd mooi op die tafel.

BENODIG:

  1. groente wat beskikbaar is – ek het botterskorsies, uie, aartappels en wortels gebruik.
  2. paar takkies roosmaryn
  3. sout en peper
  4. olyfolieoondgroente blog 004

NOU:

  • skil jou groente en sny dit in blokkies – nie te fyn en klein nie
  • sit die roosmaryn op jou groenteoondgroente blog 009
  • sout en peper na smaak
  • bedruip ruim met olyfolieoondgroente blog 013
  • bak in die oond oop sonder bedekking by 190 grade Celsius vir om en by 40 minute – voel met n vurk dat alles sag maar nie pap is nieoondgroente blog 018

Geniet die gesondheid saam met braaivleis of as n bykos met enige gereg.

2 Comments

  1. Moet nie vergeet on patats en eiervrug ook in te sluit by so ‘n skottel,nie.. Selfs dié wat nie van die groente hou nie, eet en geniet dit . Heerlik!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*