Nagereg

Fudge met grondboontjiebotter en chillie – 10 minute in mikrogolf

6 comments

Die fudge is regtig maklik en vat 10 minute om te maak in die mikrogolf. Die mikrogolf is die hele tyd op 100%  – vol sterkte. Die bak waarin jy werk moet lekker diep wees.  Maak seker dis n bak wat in die mikrogolf kan gaan.Fudge vir blog 004

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 125 g botter
  • 500 ml strooisuiker
  • 5 ml vaniella geursel
  • 250 ml grondboontjiebotter
  • 1 vars chillie of 15 ml chillievlokkies

NOU:

  • smelt die botter vir 90 sekondes in die mikrogolfFudge vir blog 006
  • stel nou jou mikrogolf vir 10 minute – dit vat 10 minute om die fudge te maak
  • gooi die kondensmelk en strooisuiker by die gesmelte botter
  • sit die mengsel in die mikrogolf en begin die 10 minute
  • nou letterlik elke 2 minute stop jy die mikrogolf en roer met n houtlepel ( dus 5 keer)
  • die fudge is nou so n ligte karamel kleur en besig om dik te raak
  • roer die vaniella-geursel vinnig inFudge vir blog 008
  • smeer n bak van jou keuse en gooi die fudgemengsel in die bak – werk  vinnigFudge vir blog 012

BO-LAAGFudge vir blog 016

  •  smelt n koppie grondboontjie botter  saam met een fyngekapte chillie vir 2 minute in die mikrogolfFudge vir blog 023
  • roer dit goed deur en gooi oor die fudgeFudge vir blog 027
  • na so 5 minute kan jy die fudge snyFudge vir blog 036

Jy kan die grondboontjie/chillielaag weglaat of dit vervang met gesmelte sjokolade.

Dis flop proof, heerlik, iets anders en vinnigFudge vir blog 038

 

 

6 Comments

  1. Dit lyk heerlik en maklik.
    Ek gaan dit beslis probeer!!!

  2. Hi Vriendin!

    Ons gaan die naweek Vleesbaai toe en die twee jongstes kom kuier uit die Kaap en Stellenbosch. Gaan beslis hierdie lekkerte vir hulle maak!! Groete vir Johan. xx

  3. Rachel Oberholster

    Marinda, so baie dankie vir die fudge resep. Jy is vrek oulik, anders en spontaan. Jy is een van daardie mense wat daardie LEKKER afgee.
    Mooi dag vir jou!
    Groete Rachel

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*