Hoender, Hoofgereg

Broccolihoender – my kinders se gunsteling

27 comments

Ek kan my gesin in n wip vang met die hoender. Van alle kos in Kosland is dit vir hulle die lekkerste – en vir my ook.  Jy kan baie hongerpyne besweer met die gereg. Die gereg is genoeg vir 8 tot 10 mense (as die familie kom kuier). Halveer as julle net 4 is.

Broccolihoender – my kinders se gunsteling

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Hoender, Hoofgereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 8 hoenderborsies

  • 1 ui

  • 500 ml witwyn

  • 250 ml water

  • 4 heel naeltjies

  • ‘n takkie roosmaryn en tiemie as jy het

  • 1 kg broccoli

  • 1 pakkie sampioensop

  • 1 l melk

  • 500 ml mayonnaise

  • 80 ml Kerrie

  • 80 ml suurlemoensap

  • sout en peper na smaak

  • olie om die uie in te braai

  • 750 ml kaas
    broccoli hoender blog 025

Metode

  • Sny jou ui in ringe en braai in n bietjie olie tot deurskynend in ‘n pot op die stoof.
    broccoli hoender blog 002
  • Braai nou jou hoender saam met jou uie tot bruin.
  • Gooi die wyn, water, naeltjies, roosmaryn en tiemie by die hoender.  Kook die hoender tot sag.( plus minus 40 minute).
    broccoli hoender blog 017
  • Haal die hoender uit en pluis dit in n oondbak – moenie die sous weggooi waarin jy die hoender gekook het nie.
    broccoli hoender blog 031
  • Sout en peper die fyn hoender.
  • Spoel die broccoli af onder lopende water.
    broccoli hoender blog 019
  • Kook nou die broccoli tot net sag in die sous waarin jy die hoender gekook het.
    broccoli hoender blog 029
  • Dreineer en sit die broccoli op die hoender.
    broccoli hoender blog 046
  • In ‘n pot op die stoof meng die melk en die sampioensoppoeier en laat dit 3 minute saggies prut.
  • Gooi die mayonnaise, die kerrie en die suurlemoensap by die sampioensopmengsel – roer met n draadklitser dat daar nie klontjies in is nie.
    broccoli hoender blog 039
  • Laat dit prut vir 5 minute en gooi dit oor die hoender en broccoli in die oondbak.
    broccoli hoender blog 050
  • Strooi die kaas oor.
    broccoli hoender blog 054
  • Bak dit vir 40 minute by 180 grade celsius.
    broccoli hoender blog 110
broccoli hoender blog 012
broccoli hoender blog 112

As jy nie lekker ken nie, gaan jy dit hier teekom.  More smaak die dis nog lekkerder. Ek bedien my broccolihoender op rys.  So maak ek my kinders se harte bly.

27 Comments

  1. Mense, die dis is heerlik! Dankie Marinda ons het baie lekker geeet. Soos gewoonlik as ons by jou eet!

  2. Hoop jou kinders weet hoe n spesiale ma hulle het. Dit is n fantastiese dis!!!!!!

    • Dis n voorreg om kos te maak vir kinders vir wie jy lief is -eintlik vir enige iemand vir wie jy lief is.
      Probeer dit gerus, jy kan dit maak.

  3. Kleina Pretorius

    Dit lyk baie lekker, gaan dit defnitief maak.

  4. Hi Daar, Kan ek die Robertson Roosmaryn & Tiemie ook gebruik? En wat as ek nie Wit wyn het nie, kan ek dit uitlos?

    • marindakook

      Claudine, jy kan die wyn uitlos en water of stock gebruik. Roosmaryn en Tiemie kan werk. Geniet dit.
      Marinda

  5. MARINDA ABRAHAM

    EK HET DIT VERLEDE WEEK GEMAAK EN REGTIG IS BAIE SMAAKLIK EN SAL DIT NOU GEREELD MAAK

  6. Tina Coetzee

    Kan jy dalk hierdie resep en pampoentert ba my e-posadres stuur asb?

  7. Pingback: Dag 17 - Vroue-maand 2020 - Woordkuns ~ Word Art

  8. 80ml kerrie en 80ml suurlemoensap? Dit dalk n tikfout?

    • Jy kan enige atyd die kerrie en suuremoensap verminder. Ons hou van ‘n sterk kerrie en ‘n suursmakie. Lekker eet
      Marinda

  9. Dit lyk maklik om dit te kook en ook lekker. Ek gaan dit definitief probeer.

    • More
      Dis my kinders se gunsteling. Dit is lekker as jy jou eie hoender kook, maar as jy haastig is koop ‘n klaar gaaar hoender.

  10. Sal hierdie gereg goed vries?

  11. ‘N Heerlike dis!! My gesin het dit vreeslik geniet en daars genoeg vir nog ‘n maaltyd. Ekt sommer baba aartappeltjies ook gekook, gesny en bygemeng. Dankie vir jou fotos en deeglike stap vir stap verduideliking👌

  12. Eleanore Raubenheimer

    Dit lyk baie lekker. Sal mens vars mushrooms kan bywerk?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*