Bykosse, Groente, Slaai, Voorgereg

Roosmaryn, tamatie en feta-gebak – iets anders

4 comments

Ek maak die vinnige gereg gereeld saam met vis of vleis.  Dis lekker en min moeite.  Hier is nie afmetings nie  .  Jy werk of jou gevoel.  Dis heerlik.STEAK 003

 

BENODIG;

  • tamaties wat jy in dik skywe sny
  • fetakaas wat jy in dik skywe sny – ek sny elke sirkel een maal deur
  • takkies roosmaryn
  • sout en peper na smaak
  • olyfolie
  • balsamiese asyn

NOU:

  1. in n plat bak pak die tamatie en feta in lagies  – sout en peper die tamatie STEAK 001
  2. bedruip met olyfolie en balsamiese asynSTEAK 008
  3. pak n paar takkies vars roosmaryn bo-op
  4. bak vir plus minus 20 minute by 180 grade celsiusSTEAK 017

Die gereg  het n lekker vars smaak en is n wenner.  Dit lyk mooi en smaak heerlik.STEAK 015

4 Comments

  1. Ania Pienaar

    Lyk maklik en heerlik!!

  2. Elizabeth Pretorius (Kleina)

    Dankie Marinda, ek gaan dit defnitief probeer.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*