Bykosse, Groente

Banting murgpampoen – soet en lekker

6 comments

Kyk, ek het nou gaan oplees wat noem mens die pampoen en tot die slotsom gekom dis een enorme murgpampoen.  Wel , sy het vir n groot lekkerte in ons huis gesorg.VARKSKOUER 016

 

BENODIG;

  • 1/2 murgpampoen
  • botter – soos jou behoefte
  • kaneelsuiker ( ek het dieetsuiker met kaneel gemeng. – 100ml dieetsuiker en 20 ml kaneelpoeier)

NOU:

  1. sny die pampoen in die lengte in die helfte en krap die pitte uitVARKSKOUER 019
  2. smeer ruim met botterVARKSKOUER 024
  3. strooi kaneelsuiker oorVARKSKOUER 025
  4. maak toe met tinfoelie en bak vir 40 tot 60 min by 180 grade (voel as dit sag is)VARKSKOUER 030

Die soet-lekkerte kan as bykos by enige gereg bedien word.  Jy eet dit en jy voel nie jy word ontneem van iets soets nie.VARKSKOUER 029 As jy dit as n hoofgereg wil bedien kan jy die soetigheid uitlos en dit vul met gegeurde maalvleis.VARKSKOUER 028

6 Comments

  1. Die reuse murgpampoen ken ek as ‘n slonspampoen.

  2. Marietjie du Preez

    Hallo, baie dankie vir al die lekker resepte. Kan jy dalk meer Banting/lowcarb resepte plaas asseblief?
    Baie dankie

  3. Baie dankie vir jou klinkklaar eenvoudige duidelike resepte! Ou resepte word weer spesiaal omdat die metode reg en duidelik is!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*