Bykosse

Gemmerbier – sommer vir die somer

9 comments

Om gemmerbier te maak is nie n moeilike proses nie – jy het tyd en die son aan jou kant nodig.  As jy weer een Saterdagoggend opstaan, slaan dit vinnig aanmekaar en by vanaand drink jy rustig jou gemmerbier.  Dis so mooi as die rosyne uitdy en boontoe kom in die bottel. Jy voel soos n kat wat room gekry het.gemmerbier in glas blog 005

Jy moet n emmer he met n deksel  wat dig sluit. En begin al die lee plastiek koeldrankbottels bymekaar maak.

BENODIG:

  • 7 x 750 ml louwarm water
  • 5 x 250 ml witsuiker
  • 10 ml Lennons Jamaika-gemmer ( koop by jou supermark of by die apteek)
  • 10 ml kitsgis ( 1 pakkie)
  • 40 rosynelaat ons drink - blog 001

NOU:

  1. Meng die kitsgis en  10 ml suiker in n houer.laat ons drink - blog 003
  2. Gooi 125 ml louwater op die suiker/kitsgis mengsel.  Laat dit eenkant staan.  Na so 10 tot 20 minute begin dit borreltjies maak.laat ons drink - blog 005
  3. In jou emmer meng jy die louwarm water en die suiker.  Roer dit totdat die suiker opgelos is.laat ons drink - blog 009
  4. Roer nou die Jamaika-gemmer ook in die emmer .
  5. Laaste meng  jy die kitsgis/suiker mengsel in die emmer in.laat ons drink - blog 014
  6. Voeg 40 rosyne by die watermengsel.
  7. Sit die deksel op die emmer en laat die emmer vir ten minste 6 ure in die son staan. Jy sal sien dit begin gis.laat ons drink - blog 020
  8. Laat die lug elke nou en dan uit die emmer anders skiet die deksel af.
  9. Bottel jou gemmerbier en sit in elke bottel van die rosyne.
  10. Sit die bottels in die yskas om die gisproses te stop.boontjies en drinkgoed blog 078

Gemmerbier is heerlik verfrissend en waarborg om jou nie n babelaas te gee nie.  Gebruik dit ook met alkoholiese drankies indien jy n babelaas wil he.  Heerlik op ys met n knertsie brandewyn of whisky!gemmerbier in glas blog 003

 

9 Comments

  1. Danie, dis wat ek die feestyd gaan drink. Dis verfrissend en lekker. Jy moet ook dit maak en drink oor die “grootdae”.

  2. Marietjie Botha

    Baie dankie Marinda, ek gaan beslis die gemmerbier maak oor hierdie Kerstyd.
    Wai is jou resepteboeke se name asb?

  3. Baie dankie vir die resep!! Soek al lankal een wat so sonder fieterjasies is! My skoonpa het dit baie gemaak en is nou al 5 jaar huistoe, en kon glad nie onthou hoe hy dit gemaak het nie!

  4. Heleen van Rensburg

    Hi, het die resep gemaak, maar my mense wil dit nie so soet hê nie. Kan ek nog water by gooi om dit minder soet te maak?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*