Bykosse, Slaai

Tamatie-en-uieslaai – eerlike kos

13 comments

Om n tamatie en uie  slaai te maak vat nie gourmet kennis nie.  Die kennis le in die sous en om dit betyds te maak sodat die sous in die uie kan trek.  Op haar eie is sy lekker.  Saam met kerrie of braaivleis is sy beter.  Ek maak dit die middag vir die aand se kos.Dis vir my n eerlike opregte slaai sonder pretensies.boontjies en drinkgoed blog 061

BENODIG:

  • 6 tamaties
  • 1 uiboontjies en drinkgoed blog 029
  • 160 ml druiwe asyn
  • 80 ml olie ( nie olyfolie nie)
  • 15 ml suiker
  • sout en witpeperboontjies en drinkgoed blog 037

NOU:

  1. was die tamaties en sy in dun ringe – gooi in slaaibakboontjies en drinkgoed blog 031
  2. sny uie in ringe en gooi bo-op tamatie – meng deurmekaar. Sout en peper nou die tamatie en uie na smaak.boontjies en drinkgoed blog 041
  3. meng olie , asyn en suiker en klits tot dit n imulsie vormboontjies en drinkgoed blog 038
  4. gooi oor slaai en maak toe met kleefplastiek – sit in yskasboontjies en drinkgoed blog 060

Jy weet die slaai was lekker as iemand die slaaisous opdrink en behaaglik terugsit.boontjies en drinkgoed blog 061

13 Comments

  1. En baie gesond. Lekker bykos saam met kerrie.

  2. henry witbooi

    dit is die beste slaai by verre.tanx a million vir die resep.

  3. Ek maak vandag Mutton Kerrie en verlang na die Kaap en my Ma se kos. Hierdie slaai gaan 10/10 smaak met dit! I’m bringing Cape Town to England today! Baie Dankie xxx

  4. My vriendin het heerlike beesstert gemaak en bedien met rys en hierdie tamatie en uieslaai. Was ‘n puik kombinasie, heerlik – niks meer nodig.

  5. Vanaand is die aand vir daai lekker slaai met dik lamnekke en rys met n klein knippie wit pepper en snytjies gebraaide sampioene!
    Groete
    Sommer bly ek het geloer wat is op jou blog!!!

  6. Ockert Janse van Rensburg

    Altyd ‘n wenner, want dit is so maklik om aanmekaar te slaan, en daai agterna drink sousie …

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*