Die braai paai het nie hoeveelhede nie – behalwe die deeg. Dis heerlik as n bygereg of as n voorgereg. Gaste is gewoonlik verstom as jy dit oor die kole gaarmaak. Jy het n dieperige toeslaanrooster nodig. Die vulsel is volgens jou smaak. Ek gaan twee variasies opsit.
BENODIG:
Eerste Vulsel:
- 2 rolle blaardeeg
- 1/2 blikkie tamatiemengsel
- 2 worsies of ham of bacon
- 2 koppies kaas van jou keuse ( ek het cheddar gebruik)
- 1 driehoek bloukaas
- 1 wielletjie fetakaas
- 2 uie
- 125ml balsamiese asyn
- 80 ml bruinsuiker
NOU:
- braai die worsies bruin in die pan en sny dit dun skyfies
- braai die uie met balsamiese asyn en bruinsuiker in die worsies se pan totdat dit dik kook
- strooi meel op n bakplaat en pak die een vel deeg op die bakplaat – as jy die lae begin pak, hou so n sentimeter strokie oop reg rondom die deeg
- smeer die helfte van die tamatiemengsel op die deeg
- plaas die worsies op die die tamatielaag
- pak nou die uie op die worsielaag
- strooi die cheddarkaas oor die worsies
- krummel nou die bloukaas en feta heel bo-op
- maak dit alles toe met die ander rol deeg
- druk die kante vas met n vurk
- maak n vuur en braai die paai
- moenie die rooster te styf vasknyp nie – gebruik die twee kante net om jou te help om dit te kan omdraai
- as dit mooi bruin aan beide kante is, is dit reg vir eet
ALTERATIEF – vir braaibroodjie
Tweede Vulsel:
- neem een vel deeg en strooi kaas oor – net aan die een helfte, want jy gaan dit toevou
- sny tamatie bo-op die kaas en sout en peper na smaak
- sny uie dun en pak bo-op die tamatie
- vou die deeg toe en druk dit vas met n vurk al om die kante
- nou braai jy dit rustig oor die kole
Kom ek se vir jou dat dit so lekker is dat jou gaste sal terugkom vir meer. Die vulsel kan enige iets wees wat jou hart begeer – just do it!
Lyk heerlik – ek gaan dit vannaand braai!
Marelize, jy kan enige iets in dit sit. Pesto as n basis werk ook lekker. Geniet dit en vat ietsie kouds met dit saam. x
Ek is mal oor die fotos wat jy bysit…baie dankie en hou asb so aan…
Mariska, baie dankie. Ek neem die foto’s met n klein Canon kamera. Bly jy geniet dit.
Groete
Marinda
Very nice post. I absolutely appreciate this website.
Keep writing!
Thank you Penny.
Hallo marinda
Ek vra nou oor die chutney
Jy het 20ml fyn gemmer
Dan weer 2.5 ml
Sal graag wil weet is dit reg
Dit is daai 1 met die appelkooskonfyt
Dnki ria
More Ria
20 ml is vars gemmer wat jy in die begin by punt 1 alles fynkap.
2,5 ml is gemmer uit die botteltjie
Marinda,
Ons is opsoek na jou sous resepie wat jy saam met die bees fillet bedien het.
Met opregte dank,
Johann.
johannhendriks1@gmail.com
More Johann
Ekskuus ek het so lanklaas vir myself gekyk op TV. Watter soort sousie was dit?
Groete
Marinda
Goeie môre Marinda,
Die een wat jy verlede week met die “Fillet” bedien het.
Geseënde dag vir jou.
Beste groete,
Johann.
Johann
Saam met wie het ek gekook. Daardie reeks is lank terug opgeneem en ek kan die sousie nie onthou nie. Romerig?
Marinda
Goeie dag Marinda
Ons is op soek na jou geel aartappels resep. Jy het dit blykbaar saam met ‘n hoenderpastei gemaak. Hoop jy kan ons help.
Baie dankie.
Groete
Anmar
Hi. kyk of die die resep is.
BRUIN BRAAI-AARTAPPELS – njam,njam, njmmmmmmmm