Bykosse, Voorgereg

Griekse Dolmades

0 comments

Griekse Dolmades

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Bykosse, Voorgereg
Prep time

45

minutes
Cooking time

59

minutes

Bestanddele

  • Vir vulsel
  • 90 ml olyfolie

  • 1 ui fyngekap

  • ½ bossie grasuie fyngekap

  • 2 knoffelhuisies, baie fyngekap

  • 250 ml Spekko-witrys

  • 30 ml dill fyngekap

  • 30 ml kruisement (‘mint’) fyngekap

  • 60 ml pietersielie fyngekap

  • Zest van 1 suurlemoen

  • 15 ml suurlemoensap

  • Sout en peper na smaak

  • 5 ml neutmuskaat

  • 90 ml kappertjiesaad –(‘capers’), fyngekap

  • Wingerdblare in ‘n soutoplossing

  • 1 suurlemoen, dun gesny

  • Vir kook
  • 500 ml water

  • 60 ml olyfolie

  • 60 ml suurlemoensap

Metode

  • Braai die ui in 60 ml olie vir 5 minute. Voeg die knoffel en sprietuie by en braai vir nog 5 minute.
  • Spoel die rys goed af en braai vir 2 minute saam met die uie
  • Voeg die kruie, suurlemoenskil, ‘capers’, sout en peper en neutmuskaat by.
  • Voeg 625 ml water by en kook tot al die water geabsorbeer is. Laat die rys afkoel.
  • Spoel die blare af onder lopende water.
  • In ‘n pot voer die bodem uit met blare en pak die suurlemoenskywe bo op. Dit keer dat die dolmades sal vassit onder in die pot.
  • Knip die harde stingel uit.
  • Sit die blaar op ‘n plat oppervlakte en plaas van die rys op die breë kant. Vou die blaar toe soos ‘n buritto.
  • Pak jou opgerolde blare styf langs mekaar in die pot. Jy kan lagies pak.
  • In ‘n beker meng 500 ml kookwater, 60 ml olyfolie en 90 ml suurlemoensap. Gooi dit oor die gerolde wingerdblare in die pot. Dit moet dit net-net bedek.
  • Sit ‘n bord of iets swaar oor die dolmades en laat dit saggies prut vir
  • 15-20 minute. Laat dit afkoel

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*