Brood, Gebak

Anys-ciabatta

4 comments

Anys-ciabatta

Recipe by Marinda Engelbrecht
0.0 from 0 votes
Course: Brood, Gebak
Prep time

20

minutes
Cooking time

30

minutes

Bestanddele

  • 1 kg koekmeel

  • 20 ml sagte botter

  • 2 eiers

  • 1 pakkie gis

  • 20 ml anyssaad

  • 15 ml suiker

  • 10 ml heuning

  • 750 ml lou melk

  • Sout

  • Appelkooskonfyt om oor korsie te smeer

Metode

  • In jou menger gooi die koekmeel, anys,sout, suiker en sagte botter. Meng liggies.
  • In ‘n beker meng die loumelk, gis, heuning en eiers. Gooi dit by die meelmengsel en klits met jou deeghaak vir 12 – 15 minute.
  • Krap die slap deeg uit in ‘n bak wat met olie gesmeer is en laat dit rys tot dubbel in groote. Stel die oond op 180C
  • Op ‘n bakplaat sit bakpapier.
  • Krap die deeg uit op ‘n oppervlakte waarop bietjie olie is. Deel dit in twee en vorm jou broodjies op die bakplaat. Laat dit staan vir 20 minute.
  • Bak vir 30 minute. As dit uitkom verf met appelkooskonfyt.

4 Comments

  1. Magdalena Saayman

    Dit lyk baie lekker. Gaan beslis die naweek bak. Jou resepte regtig n insperasie om nuwe goed te probeer. Baie dankie.

  2. Hi Marinda
    Ek geniet jou resepte.
    Ek bak graag jou vinnige ciabata brood maar ek is nou op die plaas en het nie n mixer nie…kan die deeg maar met die hand ook geknie word vir 12min.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*