Meksikaanserys
Course: Bykosse, Hoofgereg, Rys20
minutes20
minutesBestanddele
250 ml Spekko langkorrel witrys
2 chillies fyngekap ( jy kan meer insit as jy hou van sterkkos)
2 knoffelhuisies fyngekap
1 ui fyngekap
20 ml fynkomyn
50g tamatiepaste
375 ml hoenderaftreksel ( los 1 blokkie op in 375ml kookwater)
1 rooi soetpeper in blokkies gesny
60 ml olie vir braai
vars koriander vir bo-op sit
Metode
- Braai die uie vir 5 minute. Voeg die knoffel, chillies, rooipeper en komyn by en braai vir nog 3 minute.
- Gooi die rys by en braai die rys vir 2 minute.
- Roer die tamatiespaste by die hoenderaftreksel en gooi dit oor die rys. Roer dit deur.
- Sit die deksel op en laat die rys sagkook. Roer gereeld en vul aan met water.
- As die rys gaar is, skep dit in ’n mooi bak en breek die koriander op dit.