Bykosse

Groenkerriepasta

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 4 – 6 groen brandrissies
  • 2 grofgekapte kleinerige uie
  • 5 cm stuk grofgekapte gemmerwortel
  • 2 – 4 grofgekapte knoffelhuisies
  • 1 klein bossie grofgekapte koljanderblare, met steeltjies en al
  • 2 grofgekapte sitroengras-stele
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil en sap
  • 8 kaffir-lemmetjieblare, geskeur (of die gerasperde skil van ‘n ekstra lemmetjie)
  • 2.5 cm grofgekapte stuk galangal (of 15 ml gedroogde – by Woolies)
  • 15 ml grofgestampte koljandersade
  • 15 ml grofgestampte komynsade
  • 15 ml grofgestampte swart peperkorrels
  • 30 ml Thai vissous (nam pla) of ligte sojasous
  • 45 ml grondboontjie- of sonneblomolie

Metode

Verwyder van die saadjies van die rissies, met die gedagte dat die sade die byt bepaal.

Kap rissies grof en verwerk saam met die res van die bestanddele in jou verwerker tot ‘n gladde, dik pasta.

Gebruik die pasta dadelik of bere in die yskas. Moet binne 3 weke gebruik word.

Genoeg pasta vir 8 porsies kerriekos.

Maklik!

Comments are closed.