Bestanddele
- 15 ml grondboontjie- of sonneblomolie
- 65 ml groenkerriepasta
- 1 bossie fyngekapte sprietuie (spring onions)
- 15 ml gerasperde vars gemmerwortel
- 10 ml geroosterde en fyngestampte koljandersade
- 10 ml geroosterde en fyngestampde komynsade
- 1 ml fyn naeltjies
- 1 grofgeskeurde lourierblaar
- gerasperde skil van 2 lemmetjies of suurlemoene
- 15 ml suurlemoen- of lemmetjiesap
- 750 ml klappermelk (of gewone room)
- 60 ml suiker
- 7.5 ml sout (of 10 ml vissous ‘nam pla’)
- 600 g hoenderborsies, in 1 cm repies gesny
- 250 ml elk dun skyfies murgpampoentjie, gevriesde ertjies, broccoliblommetjies en Sjinese babaspinasie-blaartjies (tatsoi)
- mielieblom (Maizena), soos benodig
- 125 ml elk fyngekapte pietersielie en koljanderblare
- 65 ml fyngekapte kruisementblare
Metode
Verhit die olie en voeg die groenkerriepasta, sprietuie, gemmerwortel, koljandersade, komynsade, naeltjies en lourierblaar by en braai die mengsel tot lekker geurig is.
Sit die gerasperde skil, sap, klappermelk, suiker en sout by en laat die mengsel op hoë hitte sonder ‘n deksel kook totdat die sous effe ingedamp en verdik het, omtrent tien minute.
Sit die hoender by en kook vir twee minute, gevolg deur die murgpampoentjies, ertjies en broccoli. Kook vir nog drie minute en sit dan die Sjinese spinasieblare by.
Meng nou genoeg mielieblom met ‘n klein bietjie water om die mengsel na jou smaak te verdik en roer dit by. Hou aan roer tot die sous dik genoeg na jou smaak is. Roer dan die pietersielie, koljander- en kruisementblare by en bedien.
Lewer 6 porsies met jasmynrys en lemmetjie- of suurlemoenwiggies.
Maklik!