Featured, Gebak, Nagereg

Grootword-appeltert

Comments are Disabled

Behalwe dat dié appeltert mooi is, is dit seker een van die heel lekkerste appeltertjie wat daar bestaan. Spyt sal jy nooit wees as jy dit maak nie.

Grootword-appeltert

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Gebak, Nagereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 411 g (1blik) tertappels – gedreineer

  • 2 eiers

  • 190 ml strooisuiker

  • 5 ml vanieljegeursel

  • 85 ml melk

  • 60 ml botter gesmelt

  • 250 ml koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 2 ml sout

  • Sous
  • 1 blikkie Idealmelk

  • 125 ml room

  • 250 ml suiker

  • 5 ml vanieljegeursel

Metode

  • Klits die eiers , strooisuiker en vanielje saam
  • Klits die melk by en dan die gesmelte botter.
  • Sif die droe bestanddele saam en klits dit alles by die eiermengsel.
  • Gooi die beslag in ‘n gesmeerde tertbak en druk die appels in die deeg.
  • Bak vir 30 – 40 minute by 180C
  • Kook Idealmelk, room, suiker en vanieljegeursel saam totdat die suiker opgelos is. Gooi dit oor die tert die oomblik as dit uit die oond kom.

Comments are closed.