KOLJANDER-BLOMKOOLRYS
Bestanddele
- 1 groot blomkool
- 60 ml botter
- 125 ml gesnipperde amandels
- 10 ml suurlemoensap
- Sout en peper
- 125 ml vars koljander
Metode
- Kap die blomkool fyn I die voedselverwerker
- Smelt die botter en braai die blomkool liggies daarin
- Voeg die suurlemoeonsap en sout en peper by en proe!
- Meng die amandels deur en roerbraai vir 1 minuut.
- Skep op en roer die fyn gekapte koljander deur