Die lamskerrie het ek vir Corné Krige gemaak. En hy was so beïndruk met dit dat hy vir my gevra het vir die resep. En toe besluit ek maar dan deel ek dit met julle ook.
Lamskerrie
Course: Rooivleis30
minutes40
minutesBestanddele
2 uie in ringe gesny
1,5kg lamsvleis30 ml olie
5 knoffelhuisies fyngedruk
Gemmer duim grootte gerasper
10 ml koljander
10 ml komyn
10 ml rissievlokkies
15 ml asyn
15 ml suiker
15 ml appelkooskonfyt
15 ml borrie
30 ml sterk kerrie
1 steranys
3 kardemonpeule gekneus
1 blikkie tamatiepuree
250 ml stock (1 blokkie opgelos in 250 ml kookwater)
Sout en peper
3 aartappels in blokkies gesny
Metode
- Braai die ui liggies in olie
- Braai nou die knoffel en gemmer saam met die uie
- Braai die kerrie, borrie komyn, koljander saam met die ui.
- Gooi die vleis by en braai vinnig deur speserye
- Meng die res van die betanddele en gooi by die vleismengsel
- Sit die deksel op en laat dit prut vir 45 minute. Proe nou of jy nog rissies, suiker of asyn wil byvoeg.
- Gooi nou die aartappels by.
- Kook totdat die vleis en aartappels sag is.