Ek het groot geword met hawermoutkoekies. Daar is iets koesterends aan so n koekie. Die probleem met dit is, as jy begin eet kan jy nie ophou nie.
Hawermoutkoekies – bly ‘n gunsteling
Course: Gebak, KoekiesPrep time
30
minutesCooking time
40
minutesBestanddele
Metode
- Voorverhit die oond op 180 grade celius.
- Meng die meel, suiker, klapper, hawermout, koeksoda en sout in n mengbak.
- Smelt die botter, grondboontjiebotter en stroop in die mikrogolf (omtrent vir een minuut).
- Roer nou die bottermengsel goed deur jou droe bestandele.
- Spuit ‘n bakplaat of oondbak met spray en cook.
- Druk die hawermoutmengsel styf vas in jou bak – gebruik jou hande dit werk die beste.
- Bak vir 25 minute totdat dit bruin raak bo-op.
- As dit uit die oond kom, sny dit onmiddelik in blokkies en los net so in die bak om af te koel.
Notas
- Dis n heerlike peuselhappie of iets vir die kinders se kosblikke. Wees gewaarsku, as jy begin eet kan jy nie ophou eet nie.
Lyk wonderlik lekker
Marinda, hoeveel gram is 250 ml botter asb? Ek dink ek het teveel botter ingegooi…. :)
Ekt 250g ingegooi
Ml en gram is dieselfde
238g. Ek dit sommer net 250g in. Baie lekker.
Geniet!
Nog al die jare my gunsteling
My gesin sin ook.
Dankie Marinda jy’s ñ voorslag kok, geniet jou resepte heerlik, heerlik!!!
Jy maak my hart sing. Dankie.
Hi Miranda, geniet so jou program met die maklike resepte. Bly in Kenilworth in Kaapstad en soek oral vir jou resepte boek. Bietjie moeilik met die inperking want as gevolg van my ouderdom, bly maar weg van die winkels. Was by Checkers Rondebosch, Checkers Kenilworth Sentrum, PicknPay Kenilworth Sentrum, PicknPay Plumstead en PNA Plumstead, maar niks! Net bang dit gaan uitverkoop voordat ek dit in die hande kry.
Hoop daar is mog klomp programme in die toekoms.
Hi Sandra
Verstaan die versigtigheid met die virus. Ek kan vir jou een pos van Pep na Pep. Die boek kos R90 en die koerierkoste is R50 eenmalig. Die virus maak verspreiding na kettingwinkels toe moeilik. Indien jy wil he ek moet stuur :
kan jy ‘n inbetaling doen in MM Engelbrecht
Absa Durbanville
Tjekrek 4056263016
Jy kan ‘n bewys van betaling stuur na : marindakook@gmail.com
Kan u dalk vir my se hoekom my crunchies sag was en nie crunchies nie. Dankie Martie Scott
Sjoe Martie, ek het nog nooit die probleem gehad nie. Eerlik ek weet glad nie hoekom joune sag is nie.
Liefde
Marinda
Ek her my koekies vir nog 7 to 10 minute ingest toe word dit harder
Geniet elke happie
Halli marinda
Soos ek al geskryf het bly jys terug
Geniet jou en jou program
Jy lyk goed
Jy proe nie dieeet jy
Groete ria
Mirinda baie dankie vir jou hawermout koekie Resep het hom gebak en ek dink hy het mooi uit gekom sal jou Resepte van nou af vol dankie lekker aand
Ek is so bly!!!!!!
Is there any way I can get this in English. It looks delish
Felicia, thank you for the compliment. Unfortunately I do not have it in English. You will have to get a friend to translate for you.
HAWERMOUTKOEKIES
• 1 cup coconut
• 2 cups oats
• 1 cup flour
• 1 cup sugar ( brown or white)
• 1 teaspoon bicarb
• 60 ml peanut butter
• 60 ml golden syrup
• 225 g butter
• Pinch of salt
1. Preheat the oven to 180°C.
2. Mix the flour, sugar, oats, coconut, bicarb and salt in a bowl.
3. Melt the butter, peanut butter and syrup in the microwave for about 1 minute.
4. Mix the wet ingredients into the dry ingredients. Mix well.
5. Spray an oven dish with Spray & cook.
6. Place the oat mixture into the oven tray and press flat.
7. Bake for 25 minute until golden brown on top.
Enjoy
Yummmmm yummmmm! Quick ‘n easy! I love the peanut butter! Thanks for sharing.
Enjoy
Enjoy my friend
Marinda
Die beste crunchie resep ooit!
My hart sing.
ietsie lekker met tunavis asb
Loer op die website. Alle resepte is daar.
SO BLY VIR DIE RESEP!!! Was die muis wat DIE KOEKBLIK gereeld besoek het as kind!!!
Ek het was ook die “muis”