Hoender, Hoofgereg

Coq au vin – hoender met n dopskop

6 comments

Coq Au Vin bly een van die lekkerste hoendergeregte wat daar is.  Dis nie veel moeite nie, maar kry altyd baie komplimente.  Lekker saam met brood of sommer net witrys.Coq Au Vin en oatskoekies blog 101

 

BENODIG;

  • 8 hoenderdytjies of 1 heel hoender
  • 125 ml koekmeel
  • 60 ml botter
  • 30 ml olie
  • 15 heel klein uitjiesCoq Au Vin en oatskoekies blog 001
  • 1 pakkie bacon/spek ( ek gebruik die klaar gesnipperde bacon)
  • 125 ml brandewyn
  • 1 bottel rooiwynCoq Au Vin en oatskoekies blog 021
  • 5 knofffelhuisies
  • 3 takkies tiemieCoq Au Vin en oatskoekies blog 025
  • 2 lourierblare
  • 1 pakkie sampioeneCoq Au Vin en oatskoekies blog 030
  • sout en peper
  • pietersielie vir garnering

NOU:

  1. braai jou spek bruin
  2. braai die uietjies saam met die spek – as dit bruin is, skep dit uit en hou dit eenkantCoq Au Vin en oatskoekies blog 004
  3. gooi die meel in n plastieksakkie en skud die hoender daarin totdat dit heel bedek is deur die meelCoq Au Vin en oatskoekies blog 007
  4. braai die hoender bruin in dieselfde pot
  5. gooi die brandewyn oor die hoender en steek dit brand – oppas net vir jou ooghare
  6. gooi die   spek, uie en die res van die bestandele by behalwe die sampioene
  7. sit die deksel op en laat dit prut vir 60 minuteCoq Au Vin en oatskoekies blog 015
  8. sit die sampioene in en laat verder prut vir nog 30 minuteCoq Au Vin en oatskoekies blog 039
  9. proe en sout en peper na smaakCoq Au Vin en oatskoekies blog 098

Bedien dit op rys en met groente van jou keuse.  Om die uie maklik te skil – sit die uie in n bakkie en gooi warm water oor die uie.  Laat dit staan vir so 10 minute en die uie skil heel maklik af.Coq Au Vin en oatskoekies blog 002  So bietjie Frans kookkuns op jou tafel.Coq Au Vin en oatskoekies blog 101

 

6 Comments

  1. Elizabeth Pretorius (Kleina)

    Marinda, dit lyk baie lekker, gaan dit defnitief probeer.

  2. Charles Fourie

    Heerlike resep Marinda! Mal oor jou blog doe so voort!

  3. O my genade, maar dit lyk lekker. Sal dit sommer op my kooklys sit vir die naweek. Vanaand is af-aand. Moreaand genooi vir ete…..
    Dankie Marinda.

  4. Een van my gunsteling resepte. Gasn beslis joune probeer. Baie dankie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*